Briewe uit Nuwerus (Afrikaans, Paperback)

Briewe uit Nuwerus (Afrikaans, Paperback)

Regular price R 475.00 Sale

Author: Hugh de Bruyn de Villiers
Publication date: 2012
Format:  Paperback
Pages: 271
ISBN: 978-0-620-55336-0
Keywords: speurder; diamante; moord; roof; 

Toe die wêreld vir Wynand Maree, 'n mynwerker by die Onderseediamantdelwerye, te warm word na 'n opspraakwekkende inbraak by die mynpersele, wyk hy uit na die gevegsfront in Noord-Afrika gedurende die Tweede Wêreldoorlog en laat sy medepligtiges in die duister oor wat van die diamante geword het.

Terwyl die soektog na die diamante en rowers in alle erns voortgaan, skryf sy dogter, Willemien, haar eerste brief aan 'n penmaat, Bennie Cilliers van Brandvlei. Daar, by 'n klipbank teen die heuwel naby haar huis op Nuwerus met 'n bloekomboompie en 'n verlate meerkatgat daarnaas en 'n sperwer wat al spiedend in die lug rondswewe, begin hul briefwisseling wat mettertyd tot 'n liefdevolle verhouding lei.

En toe ... Die tyding dat Wynand Maree vermoedelik gesneuwel het. Dit laat sy medepligtiges, sowel as die speurders, met hul hande in hul hare ... Hy sou tog vir iemand ingelig het waar die skat weggesteek is, maar vir wie? Vir Willemien?

Willemien word gevolglik die middelpunt van die ondersoek. 'n Terugkerende soldaat, Jan Hendrikse, maak ewe onverwags sy opwagting by die Marees met 'n brief van Wynand, maar hy oorhandig ook 'n tweede brief aan Willemien.

Nadat sy lank gehuiwer het om die brief oop te maak, gaan lees sy dit uiteindelik by die klipbank teen die heuwel. Sy vlug gillend die heuwel af asof 'n spook haar jaag ...

'n Konsert in die skoolsaal ... En toe 'n grusame moord ... Kolonel Tobie van Niekerk neem die ondersoek waar en verbind die moord met die diamantroof. 'n Hofsaak volg, maar die vermeende rowers kom skotvry daarvan af.

Twaalf jaar verloop met 'n bekentenis van die moordenaar wat selfmoord pleeg, maar die Skat van Nuwerus bly onopgespoor. 

Veertig jaar na die moord besoek Bennie Cilliers Nuwerus. En daar in die begraafplaas, onder die spiedende oë van die sperwer, sit hy een en een bymekaar...

Hugh de Bruyn de Villiers. Die skrywer is 'n boorling van die plaas Waaihoek in Riversdal, en getoë in die Boesmanland van die Noord-Kaap waaroor hy so hartstogtelik skryf. Hy is 'n oudregs- en sakeman van die dorp Keetmanshoop, geleë in Namibië. Hy is sedert 2000 woonagtig in Worcester, Suid-Afrika.

ESTIMATED PRICE QUOTED: AOSIS is a print-on-demand publisher (we do not keep surplus stock on hand) and therefore the price quoted could change without any advance notification.